Ons Gesin. Ons Besigheid. Ons Passie.
Our Family. Our Business. Our Passion.
Ons werk is meer as net die vervoer van implemente. Vir ons is dit ’n roeping, ’n familiepad wat ons met trots en toewyding stap, en ons waardes is diep geanker in die volhoubaarheid van Suid-Afrikaanse landbou. Daarom is dit vir ons ‘n trots om persoonlike diens te bied deur foto’s en video’s van elke vrag te deel – vir volle gemoedsrus.
Our work is more than just the transport of equipment. For us, it is a calling – a family journey that we walk with pride and dedication, with our values deeply rooted in the sustainability of South African agriculture. That’s why it is our pride to offer a personal service by sharing photos and videos of every load – for complete peace of mind.
Waar het dit begin?
Die verhaal van Enslin Vervoer is een van visie, durf en familie. In 2007 het Jacques begin met die koop en verkoop van trekkers en implemente – ’n eenvoudige begin wat ’n groot droom sou ontwaak. In 2010 het sy vrou, Madelein, hom voltyds bygestaan en saam het hulle ’n stewige fondasie gelê.
’n Groot keerpunt het in 2018 gekom toe Jacques die eerste lowbed gekoop het. Hierdie stap het die rigting van die onderneming verander en die grondslag gelê vir die gevestigde vervoervennoot wat ons vandag is – ’n besigheid wat jaarliks tussen 2 500 en 3 000 vragte met trots en toewyding hanteer.
Wat as ’n klein onderneming begin het, dra vandag vrugte wat veel verder strek as net die Enslin-gesin self. Met 40 huisgesinne wat saam met ons ’n toekoms bou, is ons oortuig: ware sukses word gemeet aan die mense wat saam met jou groei.
The story of Enslin Transport is one of vision, courage, and family. In 2007, Jacques began with the buying and selling of tractors and implements – a humble start that would spark a greater dream. In 2010, his wife, Madelein, joined him full-time, and together they laid a strong foundation.
A major turning point came in 2018 when Jacques purchased the first lowbed. This step changed the direction of the business and laid the groundwork for the established transport partner we are today – a company that proudly and diligently handles between 2,500 and 3,000 loads each year.
What began as a small enterprise now carries fruit far beyond the Enslin family itself. With 40 households building a future alongside us, we believe true success is measured in the lives that grow with you.
Ons Waardes
Passie
Landbou vervoer is vir ons meer as net ’n diens is, dis in ons bloed.
Toewyding
Ons span gee elke dag hul volle insette om seker te maak elke vrag word sorgvuldig en suksesvol afgelewer.
Betroubaarheid
Kliënte kan op ons staatmaak om hulle toerusting veilig, betyds en konsekwent te vervoer.
Respek
Ons hanteer elke kliënt, spanlid en vrag met eerbied en waardigheid.
Jacques
Stigter en direkteur ~ Founder & Director
Jacques koördineer die vragte met groot sorg en is persoonlik betrokke by sy span van drywers en kliënte. Hy behandel elke vrag asof dit sy eie bates is en bou vertroue deur sy toegewyde betrokkenheid. Met sy positiewe gees en ’n grappie altyd op die lippe, bring hy ligtheid en samehorigheid in die span.
Madelein
Administrasie en Finansiële Direkteur ~ Administrative and Business Director
Madelein sorg dat die sake en syfers reg loop en hou die span bymekaar. Sy maak seker dat elke vrag glad verloop en dat al die papierwerk korrek en wettig hanteer word.
Enelia
Bemarking en Kliëntediens ~ Marketing and Client Service
Enelia hanteer verkope, kwotasies, permitte en roetebeplanning, en sorg dat kliëntnavrae vinnig en professioneel afgehandel word. Sy maak ook seker dat elke kliënt ’n persoonlike ervaring het deur elke vrag te vier en vir elke drywer ’n veilige roete toe te wens met die deel van video’s en foto’s op sosiale media.
Chris
Tegniese Spesialis
Chris is verantwoordelik vir herstelwerk, beplanning en die hantering van uitdagende vragte. Sy passie vir enjins het al op skool begin, en sedertdien het hy voortdurend sy hand aan tegniese werk gesit en voertuie reggemaak. Vandag gebruik hy daardie ervaring en liefde vir tegniek om seker te maak elke vrag is veilig en elke voertuig in topvorm.
Sekuriteit en Sosiale komitee
Hierdie vier geliefde worshonde vorm Enslin Vervoer se “Sekuriteit en Sosiale Komitee” – altyd gereed om met ’n blaf orde te hou en die kantoor veilig te hou. Tegelyk bring hulle vreugde en lag met swaaiende sterte, warm kopkrappe en die nuutste nuus oor elke nuwe vrag. Hulle sorg dat niemand ooit alleen voel nie en maak seker dat daar altyd ’n bietjie liefde en speeltyd tussen die werk deur is.
Poppie
Lucy
Boeboe
Luna
Ons Visie
Om Suid-Afrika se gesinsgerigte en betroubaarste landboutoerusting-vervoerder te wees, waar passie, sorg en trots in elke vrag en elke interaksie sigbaar is.
To be South Africa’s most family-oriented and reliable agricultural equipment transporter, where passion, care, and pride are evident in every load and every interaction.
Ons Missie
- Elke kliënt se toerusting veilig, betyds en in perfekte toestand af te lewer.
- ’n Persoonlike ervaring te bied deur foto’s en video’s van elke vrag te deel vir volle gemoedsrus.
- Gesinswaardes en professionele diens te kombineer, want vir ons is elke vrag belangrik.
- Met eerlikheid, passie en toewyding te werk – want “Dit is ons passie.”
- Deliver each client’s equipment safely, on time, and in perfect condition.
- Provide a personal experience by sharing photos and videos of every load for complete peace of mind.
- Combine family values with professional service, because every load matters to us.
- Work with honesty, passion, and dedication – because “This is our passion.”
Ons deel die kultuur van landbou in Suid-Afrika
Wat ons kliënte van ons sê.
Van Riebeeck St, Wolmaranstad, Wolmaransstad, 2630, South Africa